Kom geniet ‘n baie spesiale wyn-ervaring saam met vriende by die statige Welgemeend Herehuis in die hartjie van Kaapstad. Wyne is reeds sedert 1693 op Welgemeend verbou om aan die skepe wat om die Kaap geseil het, wyn te verskaf. Hoe spesiaal is dit om meer as 3 dekades later wyne uit verskillende streke by Welgemeend te ruik, bekyk, te proe en te bespreek en dat die wyne wat jul gaan proe op landgoedere produseer word waar oudleerders en ouers van Jan van Riebeeck by betrokke is, maak dit nog meer spesiaal.Wyne van die volgende landgoedere is beskikbaar vir proe en bestel
Jakob’s Vineyard, Paul Clüver Family Wines, Saronsberg-Landgoed, Allesverloren-Landgoed, De Queekvalleij Olijven Boerderij en nog meer.
Bespreek nou op Quicket – https://qkt.io/GiXOU1