Die IGO-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie.
Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat ‘n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor Maandag, 4 November, die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag, 21 Oktober, gepubliseer.