Ons beplan om tydens vanjaar se Afrikaansweek weer ons eie JvR-skryfbundel te publiseer.

Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om enige skryfwerk wat gedurende 2023 gelewer is, vir moontlike publikasie in te skryf. Die Afrikaansdepartement sal ook die beste opstelle wat in die klasse geskryf is, vir publikasie oorweeg.

Indien jy enige gedigte, kortverhale, dramas of opstelle wil instuur vir moontlike publikasie, kan dit per e-pos (in ’n WORD-dokument) gestuur word na pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za. Die sluitingsdatum is Vrydag, 14 Junie 2024.

Ons sien daarna uit om jou skryfwerk te ontvang!

0 Shares
X