Ons Jan van Riebeeckers word hiermee uitgedaag om deel te neem aan ‘n aanlyn Geografie olimpiade. 

Hierdie olimpiade is ondersteun deur verskeie organisasies insluitend die Royal Geographic Society en die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys.  Die Olimpiade is vir ons graad 8 en 9 leerders, en hierdie uitnodiging behels registrasie met behulp van registrasie op Karri (of by die finansies-toonbank) teen 31 Augustus. Deelname is moontlik vir alle leerders in Suid-Afrikaanse skole, en die toets word aanlyn by die skool afgeneem.  

Kostes:

  • Inskrywingsfooi: R55 per leerder – inbetaal deur skole.
  • Formaat van olimpiade: Aanlyn meerkeusevasvrae, en leerders het twee uur om die vasvra te voltooi.
  • Datums: 17 September 2024
  • Sertifikate en resultate: Sertifikate met Brons-, Silwer-, Goud- en Platinum-toekennings vir die toppresteerders word toegeken. (Resultate word na moderering vrygestel). 

Hoe berei elkeen hiervoor voor: Gereelde vrae word beskikbaar gestel op die betrokke Olimpiade-webwerf wat aan leerders wat registreer verskaf word. 

Olympus Online Education is ‘n nie-winsgewende organisasie, en alle fooie wat ingesamel word, help om bedryfskoste te dek. 

0 Shares
X