Neem asseblief kennis van die volgende inligting met betrekking tot die graad 9’s se vakkeuse-assessering (psigometriese toetse):

Datum: Woensdag, 12 Junie
Lokaal: Saal
Doel:

  • Identifiseer leerder se sterkpunte.
  • Identifiseer areas waar uitdagings voorkom.
  • Verskaf riglyne wat vakkeuses kan help bepaal.

Koste van assessering: Geen
Koste van verslag: R550 indien ouers/voogde die verslag wil koop.
Betalings sal op Karri gelaai word na afloop van die assessering. Borge vir verslae sal hartlik waardeer word.

Soos op die skoolkalender aangedui, vind die vakkeuse-aand op Woensdag, 21 Augustus, plaas. Alle ouers/voogde en leerders word genooi om hierdie aand by te woon. U sal toegespreek word deur verskeie sprekers t.o.v. vakkeuses en studierigtings. Daar sal geleentheid wees om daarna met vakonderwysers te gesels.

Verdere inligting oor die vakkeuse-aand sal in die derde kwartaal volg.

U is welkom om enige navrae per e-pos aan mnr. Klink te rig by hans-peter.klink@janvanriebeeck.co.za.

0 Shares
X