Leerders se rapporte is vroeër vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Baie geluk met die leerders se puik prestasie. Ons is werklik trots op uitstaande uitslae die afgelope kwartaal.

Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis dra oor die volgende:

  • Indien ’n leerder afwesig was vir ’n assessering, maar met ’n geldige rede, verwerk die WKOD die leerder se ander punte tot ’n finale kwartaalpunt sonder dat die leerder benadeel word. Indien ’n leerder egter sonder ’n geldige rede ’n assessering misloop, ken die WKOD ‘n punt van nul toe en word die res van die punte verwerk tot die leerder se finale kwartaalpunt.
  • Hierdie was ook nie ‘n eksamenkwartaal nie; die toetspunte is egter van groot belang as aanduiding waar ’n leerder staan met betrekking tot akademiese verwagtinge en vordering. Ons moedig u as ouers/voogde aan om u kind se punte te bestudeer en ’n afspraak met die betrokke leerkragte te maak indien u verdere besprekings verlang. Ons almal wil graag die beste vir u kind hê en saam kan ons meer vermag.
  • Indien u enige musieknavrae het, kan u ‘n afspraak met die vakhoof, mnr. Jaco Dippenaar, maak.

Let asb. ook daarop dat die volgende vakke deur die spefieke onderwyser aangebied word alhoewel daar slegs een vakonderwyser se naam op u kind se rapport verskyn:

Graad 12:

  • Wiskundige Geletterdheid: R. Jansen van Vuuren en W. Kastoor

Graad 11:

  • Lewenswetenskap: H. Steyn en M. Bezuidenhout
  • Wiskundige Geletterdheid: R. Jansen van Vuuren en W. Kastoor

Graad 10:

  • Lewenswetenskap: H. Steyn en M. Bezuidenhout
  • Wiskunde: H. Klink en W. Cronje

Indien u enige verdere navrae rondom u kind se uitslae het, is u welkom om die graadhoof te kontak of u kan met ons akademiese hoof, me. Huibrecht Steyn (huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za) gesels.

0 Shares
X