Ronde een vind plaas op 14 Maart 2024 en alle graad 8 – 12 Wiskunde leerders kan deelneem.

Ons wil weer vanjaar graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Verlede jaar het 123 leerders deelgeneem!  Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskunde-probleme.

Die inskrywingsfooi is op Karri betaalbaar. Die koste per inskrywing is R45 per leerder en die sluitingsdatum is 16 Februarie 2024. Daar is weer vanjaar ‘n opsie om ‘n donasie te maak. Die skool benodig R9000 om vir alle Wiskunde-leerders die wonderlike geleentheid te bied. Help ons om vir alle leerders die geleentheid te bied!

0 Shares
X