Leerders (Graad 10 -12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Daar is ook ‘n addisionele komponent wat die UJ FIMO genoem word wat ‘n dink “buite-die-boks” olimpiade is. Dit is opsioneel. Leerders kan dus al vier komponente of slegs drie, twee of een skryf en die koste beloop dieselfde.
Koste: R120. Betalings via Karri.
Die eerste ronde vind op 8 Mei 2024 om 14:30 in me. Meyer se lokaal plaas. Indien leerders kwalifiseer vind die tweede ronde op 7 Augustus 2024 plaas. Leerders wat belangstel kan by me. Meyer, me. Von Versen of mnr. Henning inskryf. Ons sien uit na ‘n groot aantal inskrywings en moontlike pryswenners hierdie jaar. Enige navrae kan aan me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) gerig word.