Hier volg die reëlings en tye vir die onderskeie dae volgende week.
Maandag, 25 November, 7:35 – 14:15
- Leerders ontvang hul antwoordstelle om alle eksamenpunte te kontroleer.
- Volg die skakel vir die dag se rooster.
- Normale sportoefening tot 16:00.
- Daar is dus ‘n vroegbus (14:20) en ‘n laat bus.
- 18:00 Begrotingsvergadering
Dinsdag, 26 November, 7:35 – 13:00
- 7:35 Registerperiode (leerders handig uitstaande handboeke in)
- Saalafsluiting waar ons afskeid neem van personeel.
- POUSE en handboek verkope (Leerders het die geleentheid om hul selfaangekoopte boeke van 2024 te her verkoop.)
- Interhuis sangoefeninge en geesvang
- 13:00 verdaag die skool
- 13:15 Busse vertrek
- Geen sportoefening. Ons kom spesiaal vroeg uit sodat leerders goeie rus kan inkry voor Woensdag en Donderdag se Interhuis Atletiek.
Woensdag, 27 November, 7:30 – 14:00
- Atletiek @ Buysveld
- 7:30 Klasregister word geneem
- Item 1 – 60 vind plaas.
- Onderskeie huise begin hul pawiljoene versier en vang gees gedurende die dag.
- 14:00 Klasregister word geneem.
- 14:15 Busse vertrek vanaf Buysveld
Donderdag, 28 November, 7:30 – 14:00
- Atletiek @ Buysveld
- 7:30 Klasregister word geneem
- 08:00 Optogte begin
- Item 61- 132 vind plaas.
- 14:00 Klasregister word geneem
- 14:15 Busse vertrek vanaf Buysveld