Op Saterdag, 27 Januarie 2024, om 09:00 in die hooflesingsaal van die Fisika-gebou van die UK sal Rob Louw (oud-Jan van Riebeecker) ‘n aanbieding doen wat gerig is op graad 11- en 12-leerders. Die lesing is getiteld An introduction to Einstein’s Special Relativity en die inhoud sal gebaseer wees op sy UCT Summer School lesings.

Volg die skakel vir meer inligting oor Rob Louw en vir die notes oor sy lesing: https://summerschool.uct.ac.za/interesting-physical-phenomena

Toegang is GRATIS en verversings sal voorsien word. Leerders moet asseblief so gou as moontlik, maar op die laatste teen 22 Januarie 2024, met mev. Turkstra bevestig as hul dit wil bywoon.

0 Shares
X