In 2026 vier Hoërskool Jan van Riebeeck sy 100ste verjaarsdag – 100 jaar van uitnemendheid, trots en prestasie!
In die aanloop tot ons eeufees viering, skop ons af met die 100 vir 100-veldtog. Deur deel te neem, bou jy saam aan die volgende 100 jaar en laat jy jou nalatenskap.
Hoe neem jy deel?
Teken in op ‘n maandelikse debietorder van R100 (of enige bedrag van jou keuse) wat duur tot Desember 2026. Volg die skakel: https://www.payfast.co.za/donate/go/hsjanvanriebeeck
Waarom is dit belangrik om deel te neem?
  • Jy maak seker dat Hoërskool Jan van Riebeeck vir die volgende 100 jaar sterk staan.
  • Jou bydrae help ons met opgraderings van skoolfasiliteite, programme vir ons leerders, en skoolfondse vir minderbevoorregte leerders.
Elke persoon wat bydra, se naam sal in ons Eeufees-tydkapsule verewig word. Die doel van ‘n tydkapsule is om dit wat op daardie stadium belangrik is, in tyd vas te vang. Die kapsule sal gevul word met voorwerpe wat die gees van ons era verteenwoordig, en dan begrawe of gestoor word om op ’n toekomstige datum oopgemaak te word. Dit dien as ’n afdruk van ’n spesifieke oomblik in die geskiedenis en bied toekomstige geslagte ’n blik op die verlede. Ons hoop dat die tydkapsule op Hoërskool Jan van Riebeeck se 200ste verjaarsdag oopgemaak sal word deur die volgende generasie Jan van Riebeeckers. Indien daar van jou nageslag by ons skool sal wees, sal hulle jou naam in die kapsule vind.
Saam bou ons. Saam laat ons ’n erfenis.
0 Shares
X