‘n Mens kan nie glo dat die skooljaar so verby vlieg nie.
Matrieks trek aan volgends die letter-O en kom vanaf 7:00 – 7:30 bymekaar op Welgemeendstoep. Die leerders gaan ‘n heerlik ontbyt saam geniet en ons het ‘n gasspreker wat met die leerders gaan gesels.
Betalings kan op Karri betaal word teen R100 per leerder. Daar sal ook ‘n opsie wees waar u ‘n donasie kan maak.
Ons doen ‘n dringende beroep dat u sal verseker dat u kind nie Woensdag/Donderdag in ‘n groot groep saam kuier nie.
Gewone skool reëls geld en onregmatige gedrag sal nie toegelaat word op die dag nie.