Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie is vir alle Suid-Afrikaanse hoërskoolleerders. Jy kan alleen of as ’n skoolspan inskryf. Daar is nie ’n limiet op die hoeveelheid leerders per span nie, maar vyf of minder word aanbeveel.

’n Leerder of ’n skoolspan moet minstens een artikel op die Afrikaanse Wikipedia skep oor ’n onderwerp wat handel oor iets in die wetenskappe, geskiedenis, tegnologie, ens. Artikels wat gesien kan word as reklame of propaganda word egter nie op die Wikipedia aanvaar nie. Die artikels kan nie stories wees of oor fiktiewe mense/onderwerpe handel nie. Artikels oor jou skool, godsdiens of politiek kwalifiseer ook nie vir die kompetisie nie. Die wenner/wenspan sal R10 000 wen.

Leerders kan met juf. Raath gesels indien hulle belangstel om deel te neem.

0 Shares
X