Die Wes-Kaap is een van die mees biodiverse plekke ter wêreld, maar ons biodiversiteit staar bedreigings in die gesig. Onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne, onbeheerde brande, klimaatsverandering, habitatvernietiging en die verspreiding van uitheemse indringerspesies is aan die orde van die dag.
Het jy die oplossings vir enige van dié bedreigings wat ons provinsie se biodiversiteit in die gesig staar?
Staan ‘n kans om te wen met JOU oplossing!
Die wintervakansie is net die tyd om aan maniere te dink waarop ons pragtige Wes-Kaap bewaar kan word.
Wie kan inskryf? Graad 8 – 9 leerders
Sluitingsdatum: Woensdag 11 September 2024.
0 Shares
X