Die skool wil met behulp van Gravity Adventures die naweek van 9 Augustus 2024 die Doringrivier aanpak.  Dit is ‘n gesinsavontuur en elke leerder moet ‘n vergesellende volwassene saambring.
Die plan is om reeds Donderdag, 8 Augustus, na die Gifberg omgewing te vertrek, Vrydag by Doringbos op die rivier te klim en Vrydag- en Saterdagaand sal ons langs die rivier kamp. Sondag sal ons avontuur eindig net voor die Doring in die Olifantsrivier in loop.
Die koste ongeveer R3000 per persoon wees. Dis sluit kos op die rivier, toegang tot die rivier en die basiese benodighede soos ‘n bootjie, helm, lewensreddingsbaadjie en spane in. Gravity Adventures verskaf die riviergidse wat verantwoordelik is vir die veiligheid op die rivier.
Avontuurluste is verantwoordelik vir: eie vervoer Gifberg toe en terug,”wetsuit” (verpligtend), kos vir Donderdag 8 Augustus, ontbyt 9 Augustus en kamptoerusting. Vir meer foto’s en inligting volg die skakel foto’s en inligting
Kontak gerus mnr Henning by jan.henning@janvanriebeeck.co.za indien u belangstel.
*Fynskrif: Die hele avontuur hang van watervlakke in die Doringrivier af, so indien die watervlak laag is sal dit nie gebeur nie, ons sal slegs in die week van 5 Augustus bevestiging ontvang.
0 Shares
X