Kom kuier saam met ons vir ‘n “Mega” Fliekaand op 13 April! Ons nooi die hele JvR-familie uit vir ‘n aand vol vermaak en geselligheid. Die hoërskoolkinders gaan ‘n wonderlike fliekervaring geniet binne die skoolsaal met ‘n mega-skerm van 4x4m. Alle ouers en jonger kinders gaan ‘n buite fliekervaring geniet met ‘n buitelug skerm op Welgemeend se gras. Bring julle piekniekkomberse en kussings! Happies, drankies en iets om te eet sal beskikbaar wees – bestel asseblief vooraf jou etes, slegs ‘n paar sal ekstra beskikbaar wees op die aand.
Saterdag 13 April vanaf 18:00
Ingang en Fliekkaartjie: R40
Fliekboks R40: Springmielies & soetgoed
Beef Hamburger met kaas & SlapTjips: R75
Slaptjips: R25
Drinkgoed en snoepie beskikbaar op die aand.