Getuigskrif-aansoekvorms is verlede kwartaal (11 Junie) tydens die Winterskool aan matrieks uitgehandig. Die inhandigingsdatum is komende Maandag,15 Julie. Geen laat inhandiging word aanvaar nie.
Getuigskrifte is ’n voorreg en nie ’n reg nie. Getuigskrif-aansoekvorms word uitgegee reeds in die tweede kwartaal sodat leerders genoeg tyd het om dit te voltooi. Afrigters en personeel moet teken dat ’n leerder se inligting by ’n item korrek is en alle bewyse moet aangeheg word waar nodig. Die voltooide vorm word ingehandig by die registerklasse in die tweede week van die derde kwartaal. Die finale getuigskrifte van voltooide aansoekvorms word uitgehandig in Desember op die dag wat leerders hul laaste taalvraestel in die NSS-eksamen skryf.
Enige navrae kan direk aan me. H. Steyn gerig word by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za.