Die matriekraad en matriekkomitee het weereens ‘n heerlike resies beplan vir volgende Woensdag, 14 Februarie. Dit is ‘n baie prestige tradisie en vind altyd plaas in die week nadat graad 8’s aanvaar is en ook hulle baadjies ontvang het. Lekker tyd word spandeer saam met matrieks en hulle maats. Tydens hierdie resies (by laaste stasie) sal die Graad 8 Houtjies hulle name ook skryf in die boek in mnr. Rademeyer se kantoor. So raak die Houtjies van 2024 ook deel van die geskiedenis! Die resies begin net na skool en sal nie later as 16:00 eindig nie. Die resies vind dan ook by die skool plaas.