Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 10-leerders.

Aangebied deur: TBAE
Tema: Samewerking en spanbou met TBAE
Plek: Buysveld
Drag: MBK-drag, tekkies en hoed.
Benodighede: Eie verversings, water, koeldrank en sonskerm.
Toesigpersoneel: Mnr J. Henning; Me L. van Heerden; Me R. Jansen van Vuuren; Me A. Nimmo

DINSDAG, 19 Maart 2024

7:30 Leerders meld aan by die skool.
8:00 Vertrek
8:20 Sessie 1
12:30 Middagete (Word voorsien)
13:30 Sessie 2
15:30 Afsluiting
15:45 Leerders kan direk gehaal word by die Buysveld (heel boonste rugbyveld). Leerders wat van busvervoer gebruik maak beweeg terug skool toe.
16:30 Busse verdaag.

WOENSDAG, 20 Maart 2024

Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:30 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms – Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringer plante en hoe om hierdie “onkruid” te verwyder. Dit gaan ‘n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk. 

0 Shares
X