Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 12-leerders.

Aangebied deur: Francois Malherbe,SAN-parke en die Sugarbird Projek
Tema: Verkenning van uself
Plek: Boshoffveld
Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek 
Benodighede: Skryfbehoeftes, Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank, sonskerm, stapklere, tekkies, swembroek en swemhanddoek.
Toesigpersoneel: me. E. von Versen (GRAADHOOF), me. S. Meyer, mnr. J. Dippenaar, me. M. Bezuidenhout, me. L. Turkstra

DINSDAG, 19 Maart 2024
7:45 Leerders meld aan by boonste rugbyvelde.
8:00 – 12:00 Eerste spanbousessie – breuke sal deur die loop van die sessie gegee word. Hierdie sessie word behartig deur Francois Malherbe. Leerders gaan ‘n bietjie dieper delf op ‘n lekker manier in die tema “verkenning van uself”. Daar gaan ook meer gekyk word na hoe sien ek myself op my toekomspad en watter leierskapeienskappe kan my help.
12:00 – 13:00 – Middagete (braai) Heerlike braai en ‘n middagete sal voorsien word.
13:00- 16:00 Tweede spanbousessie – breuke sal deur die loop van die sessie gegee word. Die tweede spanbousessie gaan deur SpyKids fasiliteer word. Die leerders gaan net pret hê en op speelwyse mekaar beter leer ken. Die registeronderwysers gaan hier vir die leerders ‘n ding of twee kan wys. 

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:30 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms – Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringer plante en hoe om hierdie “onkruid” te verwyder. Dit gaan ‘n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk. 

 

 

0 Shares
X