Hier volg meer inligting rakende die graadkampe vir die graad 11-leerders.

Aangebied deur: Lead4life
Tema: Samewerking en spanbou
Plek: Jubileumsaal
Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek 
Benodighede: Skryfbehoeftes, Joernaal/Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank en sonskerm. 
Toesigpersoneel: me. L. Olivier, mnr. W. Cronje, me. M. Vrey en me. L. Buhrmann 

DINSDAG, 19 Maart 2024
7:30 Leerders meld aan by die Jubileumsaal
8:00 Sessie 1
9:30 Pouse
10:00 Sessie 2
10:20 Pouse
10:40 Sessie 3
12:45 Middagete (Word voorsien)
13:15 Sessie 4
16:00 Afsluiting 
16:30 Leerders verdaag / busse vertrek  

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:30 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms – Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringer plante en hoe om hierdie “onkruid” te verwyder. Dit gaan ‘n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk. 

 

0 Shares
X