Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 8 en 9-leerders.

Aangebied deur: Table Mountain Youth Development Project
Tema:

  • GR 9 – Kleurvol in die natuur
  • GR 8 – Die woud van verandering

Plek: Apostel Battery Campsite (Victoriaweg 2, Llandudno, Tafelberg Nasionale Park)
Drag: MBK-drag
Benodig:

  • Wit kledingstuk wat gekleur kan word.
  • Sonblok
  • Gemaklike stapskoene
  • Waterbottel
  • Hoed

Toesig personeel:
GRAAD 9 – Mnr. Hans-Peter Klink (graadhoof), me. Huibrecht Steyn (assistent graadhoof), me. Corine Raath (registeronderwyser 9H), me. Marie Cross (registeronderwyser 9J), me. Githe Grobbelaar (registeronderwyser 9V), me. Maritha Strydom (registeronderwyser 9R),
GRAAD 8– W.Kastoor (graadhoof); C.Reineke (assistent graadhoof); R.Parker; E.Bosch; D.Matter; R.Claassen; S.Taljaard

Program:

DINSDAG, 19 Maart 2024
07:30 Leerders ontmoet by boonste tennisbane.
08:00 Vertrek na kampterrein (Vervoer – skoolbussies)
09:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussen in.
12:30 Middagete (word voorsien)
13:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussen in.
14:10 Pouse
14:30 Afsluiting
15:00 Vertrek terug skool toe
16:30 Skoolbusse vertrek

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:30 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms – Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringer plante en hoe om hierdie “onkruid” te verwyder. Dit gaan ‘n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk. 

0 Shares
X