Op 21 Oktober 2024 het Hoërskool Jan van Riebeeck gereël dat Albert van Wyk, ‘n eiendomsbelegger, entrepreneur en skrywer van die topverkoper boek “How to become a Millionaire at 22”, met hul leerders kom gesels.

Albert, ‘n 31-jarige entrepreneur van Pretoria, het sy eerste miljoen op die ouderdom van 22 gemaak. Hy het met die leerders kom praat en sy lewensstorie oor entrepreneurskap gedeel om die leerders te bemagtig en te bemoedig om ook entrepreneurs te word en hul eie besighede te begin. Albert het ook die leerders uitgenooi om deel te neem aan die derde seisoen van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTv-reeks.

Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk in samewerking met ATKV, Die Mos-inisiatief, Atterbury Property, Akademia en Afrikaansdotcom. Die doel van hierdie kompetisie is tweeledig:

  1. Bewusmaking van entrepreneurskap by skole.
  2. Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning.

Leerders met besighede kan deelneem aan hierdie kompetisie waar hulle dan mentorskap en leiding ontvang vanaf Albert homself asook ander suksesvolle entrepreneurs. Hoërskool Jan van Riebeeck sien uit om te sien hoeveel van hulle leerders gaan inskryf vir die volgende reeks met hulle innoverende besighede met die hoop om die trofee vir entrepreneur van die jaar te wen.

Verlede jaar se Top20 het met die mentorskap wat hulle in die Maak My ‘n Miljoenêr kompetisie ontvang het, ‘n totale omset van R1 246 891, 84 ingebring in net 8 maande met ‘n totale profyt van R514 058,23. Dit laat die Top20 met ‘n indrukwekkende besigheidsgroei van 52 936% in die agt maande van die kompetisie.

Daarom is Albert van Wyk weer opsoek na die Hoërskool Entrepreneur wat hy kan mentor om in sy voetspore te volg en ook ‘n miljoenêr te word. Is hierdie entrepreneur by Hoërskool Jan van Riebeeck?

Vir meer inligting oor die kompetisie, kyk na www.maakmynmiljoener.co.za. Die “Maak My ‘n Miljoenêr”-reeks episodes is tans op ViaTv kanaal 147 om 19:30. Inskrywings sluit 30 November 2024.

0 Shares
X