Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om die inligting op die onderstaande skakel te voltooi om hul betrokkenheid by die 2024-skoollewe aan te dui. Leerders wat die minimum puntetotaal behaal, word tydens die prysuitdeling volgende jaar met ’n JvR-trotsbalkie beloon. Die leerder met die hoogste totaal in elke graad, sal ook verdere erkenning ontvang.
Alle inligting moet teen Vrydag, 17 Januarie 2025 voltooi wees indien ’n leerder in aanmerking wil kom vir hierdie spesiale JvR-toekenning.