Ons versoek dat geen kontant vir enige skoolaangeleentheid aan enige van ons personeellede betaal word nie. Alle betalings moet asseblief slegs by me. Petula Titus by Finansies (by ontvangs) gedoen word en u sal ’n kwitansie as bewys van betaling ontvang.
Die skool wil egter graag kontantloos werk en verkies dat u elektroniese- of kaartbetalings doen indien die betalingversoek nie op Karri gelaai is nie. Slegs in uitsonderlike gevalle kan kontant dus by me. Titus inbetaal word.
Baie dankie vir u samewerking in die verband.