Ons bied op 26 Oktober ’n heerlike langtafel-kuierervaring in ons nuwe GAT-binnehof aan om ook hierdie nuwe ruimte amptelik te open en almal te bedank wat by die 2023-veiling bygedra het tot hierdie projek.

Ons gaan heerlik kuier met sielvolle musiek, later kan die dansskoene uitgehaal word en Sanette van Loggerenberg berei vir ons heerlike steak en slaaie voor.

Die koste per persoon vir die aand dek slegs die ete en beloop daarom R150 per persoon. ‘n Spesiale kuierarea waar koffie en nagereg later te koop aangebied word, sal ook beskikbaar wees. Ons sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar hê.

Deur die loop van die aand hou ons ook ’n veiling met sowat 30 baie besondere lotte. Ons fokus op ervarings vanjaar, met natuurlike heerlike wynpakette tussenin. Ons sal vroeg in die nuwe kwartaal die besondere items met almal deel.

Die veiling gaan vanjaar deur WhatsApp gebeur en die gaste wat kom saamkuier kan dit op die grootskerm volg, maar diegene wat nie die kuieraand kan bywoon nie, kan dit vanuit die gemak van u huis ook volg, deelneem en ons skool so ondersteun.

Dit is egter baie belangrik dat u by die veilinggroep aansluit. Stuur die skakel gerus vir vriende en kenisse wat ook sal belangstel in dié besondere ervaring.

Kliek hier om by die JvR-Veiling 2024-groep aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/CKUwGXBEt0x70uJXw4pzpM

Ons sien werklik uit na nog ’n gesellige kuieraand – die laaste een vir 2024 as skoolfamilie saam – en natuurlik die veilingfondsinsamelinggedeelte daarvan. Kaartjies is op Karri beskikbaar!

0 Shares
X