Om die herlewing van Arabies-Afrikaans te versterk, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), asook Historium Trust, twee gratis werkswinkels en besprekings oor hierdie unieke skryftradisie aan. D. Shamiega Chaudhari sal beginners en gevorderde skrywers op Saterdag touwys maak via ’n moderne ‘madrassa’-klas en begeleiding om spesifieke Afrikaanse klanke in die Arabiese skrif te bemeester.
Die beginnersklas is op 27 Julie vanaf 09:00 tot 12:00 en die gevorderde klas vanaf 13:00 tot 16:00 in Muhammadeyah Primêr te Battsweg 103, Wynberg. Albei klasse is gratis, maar voorafbespreking is noodsaaklik om getalle en verversings te bepaal. Om in te skryf, kontak Amila Ernstzen op 021 872 2022 of info@historium.co.za teen 25 Julie.
0 Shares
X