Die tema by hierdie jaar se funksie was “Serving the Legacy”. Ek is seker almal sal saamstem dat ons leerderleiers ‘n groot rol en verantwoordelikheid in skole het om erkenning te gee aan nalatingskap, om dit te handhaaf en om daarop voort te bou. Deelname aan hierdie aand help om konneksies te skep wat dit moontlik maak.
Ons JvR-matriekraad het behoorlik weer gesprankel by die baie stylvolle geleentheid by Paul Roos Gymnasium op Stellenbosch. Dit is elke jaar ‘n groot hoogtepunt vir menige leerderleiers! Vanjaar was daar weer ongeveer 42 skole in die Wes-Kaap. Dit is was lekker vir die leerders om saam tyd te spandeer en beslis ‘n baie spesiale funksie. Dankie, PRG!
0 Shares
X