Luca Zulch verteenwoordig JvR op die Kaapstadse Juniorstadsraad (@Capetown_JCC op Instagram) en moet ‘n gemeenskapsprojek aanbied.  Sy reël ‘n selfverdedigingswerkswinkel, vanaf 09:00-12:00, op Vrouedag, vir 14 – 24 jarige vroue.
Dit word aangebied in die skoolsaal van haar eie skool, Hoërskool Jan van Riebeeck.
Daar is plek vir 100 vroue teen R100 ‘n vrou.
As iemand belangstel om hul dogters te laat deelneem OF “borg-‘n-meisie” donasies wil maak, kontak haar asb.
Sterkte met die projek, Luca!
0 Shares
X