MET DIE LUI VAN DIE KOPERKLOK,  GAAN MATRIEKS VAN 2024 WEER HUL OU SKOENE AGTERNA GOOI!

Getrou aan die tradisie nooi ons matrieks uit om na hul laaste taal vraestel komende Maandag, 25 November, hul skoolskoene, skryfbehoeftes, sakrekenaars, skoolklere, sportklere en sporttoerusting te skenk. Dit is natuurlik vrywillig. Hierdie inisiatief maak  iemand anders se stap weer in 2025 makliker.

Matrieks gaan Maandag om 11: 30, na hulle laaste taalvraestel, die skool vir oulaas as ń leerder deur die hoofingang verlaat. Hulle beweeg dan na die swembad waar hulle ouers hulle inwag. By die swembad  sal daar ‘n spesiale koperklok seremonie plaasgevind. Nadat die klok gelui het, gaan matrieks die Geeslied sing en daarna hulle vryheid vier deur oudergewoonte as groep in die swembad af te koel.

Die grootste gros van die matriekgroep skryf Maandag hulle laaste vraestel. Ons vakmusiekleerders skryf nog Dinsdag twee vraestelle en Ontwerp Woensdag. Baie sterkte ook aan hierdie leerders!

Ons ouers is baie welkom om die sermonie Maandag by te woon. Ouers kan aan die Tafelbaai-see kant van swembad stelling inneem. Die Matrieks gaan almal vergader aan Tafelberg se kant van swembad.

0 Shares
X