HS Jan van Riebeeck wil graag, as deel van die verykkingsprogram, vir skoliere die geleentheid gun om betrokke te raak by die gemeenskap in die vorm van vakansiewerk. Vir baie leerders is dit hulle enigste kans om ondervinding op te doen om beroepskeuses te maak en om ook sakgeld vir die vakansie te verdien.

Indien daar geleentheid in u besigheid is vir ‘n leerder om gedurende die Desember skoolvakansie te kom werk, stuur ‘n e-pos aan Leande van Heerden (leande.vanheerden@janvanriebeeck.co.za) met die volgende inligting:

  • Naam van die besigheid
  • Posbeskrywing
  • Vereistes aan leerder
  • Kontakbesonderhede vir die pos
  • Datums wat die pos beskikbaar is
  • Vergoeding / geen vergoeding
0 Shares
X