Komende Valentynsdag wil die Jan van Riebeeckers graag baie mense se dag ophelder by Monte Rosa aftree oord . Die Sosiaal-maatskaplike portefeulje van die matriekraad vra dat alle leerders Woensdag asseblief blomme bring en inruil kan hulle sivvies ( rooi/pienk skakerings) dra. (Koste vir die sivviedag is dus Blomme!)
Ons besef ‘n bossie blomme is duur en ons wil ook nie dat leerders blomme uit tuine pluk/plunder nie of selfs uit ons eie Welgemeend tuin pluk nie. Daar is dus ook ‘n opsie vir leerders om eerder R10 te betaal op KARRI.