Ons is op soek na ‘n familie wat bereid sal wees om ‘n Duitse seun, Tim, vir 10 maande te huisves. Hy kom reeds Augustus Suid-Afrika toe en sal dan bly tot volgende jaar Junie. Die uitruilagentskap voel dat Hoërskool Jan van Riebeeck ‘n geskikte skool vir hom sal wees. Indien u belangstel of meer inligting benodig, kontak gerus vir Lena Gronbach by lena@yfu.org.za.
Volg die skakel vir meer inligting oor Tim en die aansoekvorm.