Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri koop teen R20 ‘n plakker en dan op Vrydag, 6 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.
Vanjaar is die tema: EK SIEN JOU!
Steek jou hand in die sak en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om ‘n verskil in die lewe van mense met sig gestremdhede te maak.