‘n Nuwe blinkgepoetsde tradisie in die derde kwartaal is ‘n Winterbal wat spesiaal gehou word vir alle leerders graad 8 tot 12. Hierdie fondsinsameling geleentheid vanjaar word gedryf deur die Matriekraad, Matriekkomitee en VRL vir ons Jan van Riebeeckers. Hierdie fondsinsameling is ook ten bata van die klas van 2024 se unieke geskenk aan ons leerders en skool.

Dis vanjaar ‘n spoggeleentheid wat ‘n driegangmaaltyd insluit, kans om formeel aan te trek en heerlik te dans. Dit gaan beslis ‘n nuwe hoogtepunt op Jan van Riebeeck se sosiale kalender wees. Ons sien uit na hierdie spog geleentheid.

Datum: 14 Augustus 2024 (gedurende interskole- en geesweek)
Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal
Drag: Formeel
Kostes: R200 per persoon op Karri (slegs 300 kaartjies beskikbaar)
Tyd: 18:00 -21:30
Maak seker jy mis nie hierdie partytjie nie! Dit is ook die laaste kuier en samesyn van ons matriekklas van 2024. Vir enige navrae kontak: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za

0 Shares
X