Ons het geluister na al ons leerders en ouers se insette en hierdie warm, kuier geleentheid sal beslis weer ‘n heerlike, prettige hoogtepunt wees vir ons leerders. Ons sien almal uit na hierdie partytjie. Baie dankie vir al ons ouers se moeite, omgee en hulp hiermee.
Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal
Datum: 14 Augustus 2024 – Vorm deel van Geesweek vir Interskole
Drag: Deftig informeel
Tema: Winter Sprokie
Kostes: R 80 per persoon op Karri
R 100 Buite leerders (skakel na toestemmingsbrief vir buite leerders)
Tyd: 18:00 -21:30
Cafe Jan snoepie sal daar wees vir eet- en drinkgoed.
Maak seker jy mis nie hierdie “Winter Sprokie” partytjie nie! Dit is ook die laaste kuier en samesyn van ons matriekklas van 2024. Enige navrae na huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za