Ons nuwe inwoners en veral ons graad 8-leerders het gou ingeskakel en daar heers tans ‘n heerlike atmosfeer in ons koshuis. Ons dogterskoshuis is vanjaar propvol en dit is die lekkerste gevoel!
Die Gees was merkbaar by die eerste gangaktiwiteit Woensdag op die netbalbane. Dogters oefen lekker aan hulle sêrliedjies en is so opgewonde oor die naderende Valentynsweek en Valentynsdans. Die koshuisdogters is tans ook baie besig en is betrokke op vele terreine van skoollewe. Dit is lekker om te sien dogters vorm spontaan hul eie drafgroep wat douvoordag gaan oefen. Die studietye word darem ook streng gevolg. Uit hierdie week se gangvergaderings se goeie terugvoering kon ons aflei dat almal gelukkig is.
Ouers word herinner om me. Steyn (huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za) voor of op Woensdag per e-pos in kennis te stel indien u kind gaan inbly die naweek.