Op jou merke, gereed… PRAAT
Die jaarlikse interne-redenaarskompetisie is om die draai en ons wil die jaar ons leerders met woorde laat woeker. Kom sê jou sê die 5de Maart om 18:00. Ons nooi alle belangstellendes en bekkiges wat deel van die kompetisie wil wees om hulle name so gou moontlik by me. Bosch te gaan opgee.
Kategorieë:
- Juniors voorbereid (graad 8-9), 5 – 7 minute
- Juniors onvoorbereid (graad 8 -9), 4 – 6 minute
- Seniors voorbereid (graad 10-12), 5 – 7 minute
- Seniors onvoorbereid (graad 10-12), 4 – 6 minute
Temas vir voorbereide toesprake: Juniors (graad 8 – 9):
- Kantlyn
- Meulsteen
- Boekmerk
Temas vir voorbereide toesprake: Seniors (graad 10-12):
- Metafoor
- Visie
- Paradoks
Ons top-leerders sal genooi word om aan die ATKV se eerste uitdunronde deel te neem wat tydens die 15-18 April plaasvind. Alle toesprake moet beredenerend van aard wees. Besoek gerus die ATKV se webwerf vir meer inligting oor die toespraak vereistes en die Deelnemersgids: Redenaars | ATKV
So, doen solank jou diafragma-oefeninge, warm jou lippe op en kom praat jou hart uit!