Ons is opgewonde om by die pragtige Apostles Battery-kampterrein bo Llandudno ons 2024-kamp te hou. Dit duur vanaf Vrydag, 9 Februarie, tot Sondagoggend, 11 Februarie. Dit gaan ‘n verrykende en genotvolle ervaring wees vir almal betrokke, met ‘n perfekte mengsel van oefensessies, ontspanningsaktiwiteite, en spanbou-aktiwiteite.
Voltooi dit asseblief die google vorm teen Vrydag 2 Februarie 2024 om 18:00, sodat ons alles betyds kan klaar reël. Die koste van die kamp beloop R940/persoon en sluit die vervoer, alle etes, en versnaperings in. Daar is ook ‘n snoepie op die kampterrein waar koorlede basiese eetgoed en koeldrank sal kan koop.