Baie geluk aan Mia Smith (graad 8) wat gekies is as een van die koorlede van die Tygerberg Kinderkoor wat later in hierdie jaar die koor gaan verteenwoordig in Tolosa; Spanje.
Omdat dit vir haar familie ‘n groot eer en voorreg is, wil hulle graag hierdie geleentheid vir Mia laat realiseer deur verskeie fondsinsamelingsprojekte te loods.
Die eerste projek is op Donderdag, 13 Junie met ‘n McDonalds-aand (17:00 – 19:00) waarby ‘n gedeelte van die opbrengs aan Mia geskenk sal word.
Die 2de inisiatief is ‘n lootjieprojek deur die Tygerberg Kinderkoor waarby die opbrengs van alle kaartjieverkope deur Mia, direk tot Mia se Toerfonds gevoeg sal word.
Laastens word ‘n Gholfdag ook op 26 Julie 2024 ten bate van die Toerfonds deur Mia se pa gereël.
Indien u by enige van hierdie inisiatiewe betrokke wil raak, kan u vir Ashley Smith (084 656 8388, of ashleysoteria@yahoo.com) kontak.