BESTE RAAKPRATERS
Dis nie nou die tyd om stil te bly nie – Kom sê jou sê!
Die temas vir die 2025 ATKV-Redenaars is bekend! Kom neem jou standpunt in deur NOU al te begin dink, bronne bymekaar te maak en aan jou oorredende toespraak te skryf! Volg gerus die skakel na die nuutste ATKV-Redenaars 2025 Deelnemersgids om te sien hoe só ‘n toespraak moet lyk.
Alle inligting oor ATKV-Redenaars en ander nuttige hulpbronne, soos beoordelaarstate en beskikbare opleidingsgeleenthede, is beskikbaar op die ATKV-webwerf by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/redenaars/.
Pen die volgende belangrike redenaars-datums neer:
-
JvR interne-redenaars: 12 Maart 2025
-
ATKV-uitdunne : 22 – 23 April 2025
2025 TEMAS:
Graad 8 en 9
-
Klatergoud
-
Vergelyk
-
Mengelmoes
Graad 10-12
-
Debakel
-
Agenda
-
Wentelbaan
Voorspoed met die skryf!