Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Hoërskool Jan van Riebeeck ‘n reeks atletiekklinieke aanbied saam met van die top atlete en afrigters in Suid-Afrika! Ons nooi enige belangstellende atlete om die reeks afrigtingsklinieke wat vir beide laerskool- en hoërskoolleerders by verskeie Laerskole aangebied word by te woon.
Hierdie klinieke bied ‘n uitstekende geleentheid vir leerders om hul vaardighede te ontwikkel onder leiding van ervare afrigters wat op spesifieke items fokus.
Kliniekdatums en plekke:
- 30 November 2024: Laerskool Noord-Eind, Paarl
- 2 Desember 2024: Laerskool Bastion, Brackenfell
- 4 Desember 2024: Camps Bay Primary se sportvelde, Kampsbaai
- 5 Desember 2024: Laerskool De Hoop, Somerset-Wes
Elke sessie word gelei deur hoogs gekwalifiseerde afrigters wat spesialiseer in verskeie sportitems en is ontwerp om elke kind se potensiaal optimaal te ontwikkel.
Ons is veral opgewonde om vir Muller en Charl du Plessis te verwelkom, wat hul unieke Ultimate Resistance Training-toerusting saambring. Hierdie toerusting bied ‘n moderne en effektiewe benadering tot krag- en spoed-ontwikkeling en sal ‘n waardevolle bydrae tot die klinieke lewer.
Registrasiekoste:
- Die koste vir deelname is R250 per kind / afrigter, betaalbaar op die dag van die kliniek of EFT.
Ons sien daarna uit om u kinders by die klinieke te verwelkom en om saam te werk aan hul sportontwikkeling.