‘n Groep skole in die Suidelike-voorstede, onder andere Hoërskool Jan van Riebeeck, het einde verlede jaar besluit om saam ‘n bergfietsliga te stig.  Die doel was om belangstellende skole twee of meer keer per kwartaal teen mekaar te laat kompeteer.  Daar mag nie inskrywingsgelde gevra word nie, die kompetisie moet in goeie gees geskied en dit moet op ‘n weeksmiddag gehou word.
Woensdag, 6 Februarie, was dit Jan van Riebeeck se beurt om die geleentheid aan te bied.  Ons het ‘n uitklopformaat gekies en dit was vir ons ‘n groot voorreg om Reddam House Constantia, SACS en Herzlia by ons fietsrybaan te verwelkom.  Die kompetisie was van die hoogste gehalte.  Altus van Niekerk het uitgeblink onder die Jan van Riebeeckers en het in die 1ste ressies, 3de oor die wenstreep gejaag. Algeheel is hy gesamentlik 2de, nadat sy fietsryvaardigheids punte bygetel is.  Johan Theunissen het in die onderste helfte van die veld uitgeblink en kon ook daarin slaag om ‘n paar resiese te wen. Nadat sy vaardigheidspunte bygetel is, is hy gesamentlik 3de geplaas. Cara Swanepoel was die enigste dame op die dag. Sy was suksesvol om ‘n hele paar manne stof in die oë te ry.
Ons wil ook al ons ouers bedank vir die ondersteuning wat hulle gebied het, asook Katja Steenkamp en haar span van Breakaway Rides, Siegfried en Ina Rousseau en Evie Mclachlan wat gehelp het om die dag glad te laat verloop.
Die volgende been van die kompetisie word op 12 Maart by SACS aangebied.
0 Shares
X