Ons is opgewonde om ons eerste tuis sportdag vir die jaar aan te kondig wat op 27 April 2024 teen Vredenburg Hoërskool plaasvind. Dit gaan ‘n dag vol opwinding en mededinging wees, en ons wil graag al ons ouers uitnooi om die dag saam met ons te beleef.

Die spanne wat betrokke is by die dag is as volg:

Netbal:

  • o.14 A – D
  • o.15 A – C
  • o.16 A – B
  • o.17 A
  • o.19 A – B

Skaak: 6 spelers

Rugby:

  • o.14A
  • o.15A
  • o.17A
  • o.19A

Hokkie:

  • Seuns o.19A
  • Dogters o.19A  & o.16A

Die dag begin om 08:00 en die volledige skedule sal aan u beskikbaar gestel word nader aan die tyd. Ons sien uit daarna om u daar te verwelkom vir ‘n onvergeetlike dag van sport en pret.

0 Shares
X