Die eerste interskole swem byeenkoms het Maandag, 12 Februarie, tussen Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Jan van Riebeeck plaasgevind. Daar is voor die gala besluit dat items waar een skool geen inskrywings het nie, nie sal tel nie. Dit was ook ‘n goeie geleentheid vir ons top swemmers om teen mekaar in kompetisie omstandighede te swem omdat elke skool drie swemmers per item kon inskryf. Net die eerste 4 plekke het egter punte getel met ‘n eerste plek wat 6 punte verdien het, ‘n tweede plek 4, derde plek 2 en ‘n vierde plek 1 punt.
Jan van Riebeeck kon daarin slaag om voor te swem met 138 punte teenoor die 102 punte van Dirkie Uys.
‘n Woord van dank aan Mnr van Heerden en sy span wat die swembad so mooi voorberei het vir die dag.