Ons wil graag vir Monique de Beer geluk wens met haar verkiesing tot die Boland-Atletiekspan wat by die Suid-Afrikaanse Senior baan- en veldkampioenskappe in Pietermaritzburg vanaf 18-21 April 2024 deelneem. Monique gaan aan die Veelkampitem deelneem wat uit 7 items oor 2 dae bestaan: 200m, 100mH, 800m, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi.

Sterkte aan Monique en Dr. Sors Joubert (afrigter) vir die komende kompetisie.

0 Shares
X