Op Donderdag, 29 Februarie, het ons die rotsklimsessie op ‘n hoë noot geëindig toe Zazzie Henderson en Andreé van Zyl hulle “Toprope Belay”-lisensies in ‘n rekordtyd verwerf het. Nou begin die ware pret op pad na die “Lead Climbing and Belay”-lisensie. Ons sien uit daarna om hulle verdere vordering op die klimmure te sien.