Ons wil graag ons opregte dank uitspreek vir julle deelname en ondersteuning tydens die afgelope twee dae se atletiek. Die ongelooflike prestasies wat ons gesien het, vul ons met trots!
Die volgende twee weke se sportoefeninge sal gefokus wees op voorbereiding vir die Summer Sport Festival.
Hier is die beplanning vir die komende twee weke se Summer Festival Voorbereiding.
Doel van die toernooi:
Hierdie toernooi dien as voorbereiding vir die 2025-sportkalender. Dit bied aan ons leerders die geleentheid om hul vaardighede te meet teen van die beste skole in die Wes-Kaap, en selfs verder. Ons sien uit na uitdagende en opwindende wedstryde wat hulle vaardighede sal slyp en verbeter.
Hoekom dit belangrik is:
Om Jan van Riebeeck se sportspanne op ‘n hoër vlak te plaas en onder die top skole in die land te tel, is dit noodsaaklik dat ons teen die bestes kompeteer. Hierdie geleentheid is ‘n belangrike stap in daardie rigting.
Ons waardeer elke ouer se volgehoue ondersteuning en betrokkenheid met hierdie nuwe reeks sporttoernooie. Julle bydraes maak ‘n groot verskil aan ons leerders en ons sportprogram.
Kontak Abré van Heerden (abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za) indien daar enige navrae is.