Goeiedag ouers en mede Jan van Riebeeckers,
Na ‘n fantastiese winterseisoen wil ons graag elke Jan van Riebeecker en ouer bedank vir julle tyd en waardevolle bydraes. Om 6 uit die 7 interskolebekers huis toe te bring, was ‘n ongelooflike prestasie, en ons is opreg dankbaar vir elkeen van julle.
Ons wil ook sterkte toewens aan ons leerders wat nou begin met Fast 5-netbal en 7’s-rugby. Ons WP o.15-rugbyspelers is steeds hard besig met oefeninge en voorbereiding vir hul toernooi in Johannesburg.
Volgende week begin ons met somersportoefeninge. Ons besef die swembadwater is nog koud en dat daar nog reënerige dae voorlê, maar ons wil graag almal uitnooi om by ons atletiekoefeninge betrokke te raak. Atletiek skop hierdie kwartaal al af met vier byeenkomste teen Stellenberg sowel as UWC se byeenkoms, waarvoor ons baie uitsien.
Merk asseblief op julle kalenders ons deelname aan die Summer Festival in Desember, ná die eksamens. Beide ons somer- en wintersportspanne sal daar in aksie wees, en ons sal nader aan die tyd meer inligting deel oor hierdie opwindende geleentheid.
Hier is die oefentye vir atletiek hierdie kwartaal:
- Maandae: Rekke Gym
- Dinsdae: Alle items van 14:30 – 16:00
- Woensdae: Rekke Gym (Langafstand, Sprinters en Hekkies atlete oefen wel op die velde) van 14:30 – 16:00
- Donderdae: Alle items van 14:30 – 16:00
‘n Nuwe toevoeging tot ons atletiekprogram is paalspring. Indien enige atleet belangstel om betrokke te raak, vra ons dat julle so vinnig as moontlik vir Mnr. Vermeulen kontak om oefeninge te bevestig.
Ons sien uit om julle almal volgende week op die velde te sien!