Ons is trots om die sukses van Stef van Duivenbooden en die Wes-Kaapse bofbaal spanne by die onlangse Senior Kampioenskappe aan te kondig.

Stef het ‘n uitsonderlike vertoning gelewer in sy eerste Senior Kampioenskappe, wat ‘n wonderlike prestasie  vir hom en ons provinsie is. Die Wes-Kaap was die enigste provinsie wat ‘n o.23-span ingeskryf het, tesame met twee senior spanne. Hierdie geleentheid het die jong manne ‘n waardevolle ondervinding gebied deur teen senior spelers te kompeteer.

Die Wes-Kaapse o.23-span het op die laaste dag die 5de plek verower deur te seëvier teen Gauteng B in die uitspeelwedstryd. Stef het ‘n groot bydrae gelewer deur die meeste van die wedstryd te “pitch”.

0 Shares
X